0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R0 - R50 (1)
  • R50 - R100 (2)
  • R100 - R250 (6)
  • R250 - R500 (1)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 10 of 10 matches in All Departments

Karatekas - Dorings En Drake (Paperback): Anzil Kulsen Karatekas - Dorings En Drake (Paperback)
Anzil Kulsen
bundle available
R150 R129 Discovery Miles 1 290 Save R21 (14%) Ships in 7 - 11 working days

’n Opwindende nuwe boek uit Anzil Kulsen se pen!

Warren en sy maats Kyla, Sharon en Divan is op pad na ’n karatekamp saam met Sensei Fourie. Die maats sien baie uit daarna, maar sommer vinnig word hulle vaardighede getoets en ... maak hulle kennis met ’n draak!

Hierdie aksie-belaaide boek sal lesers van die eerste bladsy af boei!

Sorrie maak nie gesond nie (Afrikaans, Paperback): Anzil Kulsen Sorrie maak nie gesond nie (Afrikaans, Paperback)
Anzil Kulsen
R10 R8 Discovery Miles 80 Save R2 (20%) Ships in 5 - 10 working days

Die mans in Rose se lewe het haar almal gedrop. Na haar boetie, Gerard, se dood het haar ouers ook van haar vergeet. Deesdae kyk haar ma hopeloos te diep in die bottel en dwaal haar pa se oog heeltemal te veel. Vir Rose is hulle net Blackie en Verona, die mense met wie sy 'n huis moet deel tot sy agtien is. Haar laaste hoop en anker was Rodriek, maar ook hy begin vreemd optree. Hoekom maak hy asof sy saam met hom iets spesiaals gedeel het? Het hy haar drankie gedokter om haar in die bed te kry? Hoekom kan sy niks van die aand onthou nie? Vir die eerste keer in haar lewe is Rose werklik alleen. Selfs haar boesemvriendinne mag nie die detail van die verskriklike aand weet nie. In 'n tyd waar niks sin maak nie, is Rose van een ding seker: sy moet Rodriek terugkry. As sy haar kaarte reg speel kan sy dalk haar ouers se aandag ook terugkry. Sorrie maak nie gesond nie is 'n verhaal oor oorsaak en gevolg, waarheid en leuens en wat dit beteken om verantwoordelikheid vir jou eie lewe te neem. Anzil Kulsen toor met woorde sodat jy wegraak in 'n onvoorspelbare verhaal van vriendskap, berou, liefde, drome en wraak. Met Anzil se sukses tot op hede, is dit geen verassing nie dat hierdie boek moeiteloos alle rasse en kulture insluit sonder om 'n wroeg-en-preek-boek te wees. 'n Sorrie maak nie gesond nie is landswyd in toonaangewende boekwinkels beskikbaar en ook as e-boek te koop.

Bitterbosbende 3: Die Grafsangers (Afrikaans, Paperback): Anzil Kulsen Bitterbosbende 3: Die Grafsangers (Afrikaans, Paperback)
Anzil Kulsen
bundle available
R165 R142 Discovery Miles 1 420 Save R23 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Die Bitterbosbende besluit om in die skoolkoor te sing. Maar meneer Louw is nie die vriendelikste nie en boonop is daar nuwe koorlede wat Kurt nog nooit in die skool opgemerk het nie en wat blykbaar vir die res van die bende onsigbaar is. Dan ontdek Nieke 'n stuk papier met snaakse simbole, amper soos bladmusiek, in haar geskiedenisboek. Nieke en Kurt besef hulle droom albei oor onaardse aaklige musiek, en 'n koor van kinders geklee in swart, met aardige groot koppe . . .

Reënboogmelodie (Afrikaans, Paperback): Anzil Kulsen Reënboogmelodie (Afrikaans, Paperback)
Anzil Kulsen
R295 R254 Discovery Miles 2 540 Save R41 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Diané sukkel van jongs af met 'n eetversteuring. Tot sy Robert ontmoet, 'n aantreklike man wat haar help en aanvaar net soos sy is en met wie se steun sy weer kans sien vir die lewe. Robert het haar nog altyd lief gehad en onderskraag, maar nou duik ernstige vrae op: Wie is die vrou wat sê Robert is die pa van haar kind? Het Robert 'n verlede waarvan Diané niks weet nie? Hoekom sal Robert haar nou in die steek laat? Diané wil haar outisties seuntjie ook ten alle koste help. Of is sy juis die oorsaak van haar kind se probleme?

Wanneer Diané uitvind wat werklik aan die gang is, kom sy voor groot besluite te staan.

Met Reënboogmelodie delf gewilde skrywer Anzil Kulsen diep in 'n komplekse moderne huweliksverhouding. Wat verg dit van jou om in jou huwelik te bly, en is dit noodwendig die beste vir almal?

Bitterbosbende 2: Die Been In Die Bos (Afrikaans, Paperback): Anzil Kulsen Bitterbosbende 2: Die Been In Die Bos (Afrikaans, Paperback)
Anzil Kulsen
bundle available
R165 R142 Discovery Miles 1 420 Save R23 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Die Bitterbosbende kamp langs die rivier. Toe Zia en Nieke een aand badkamer toe loop, begin 'n hond verwoed blaf. Toe is daar die geluid van 'n trein wat kwaai rem aanslaan en dan 'n harde botsing. Dis eers toe Zia gil dat Nieke sien wat in haar hand is . . .  'n been?  En so begin die soeke na die geheimsinnige stoomlokomotief wat passasiers in die sewentigerjare vervoer het, wat daar naby ontspoor het. Wat het van die slagoffers, wat kinders en 'n hond ingesluit het, geword?

Bitterbosbende - Die Geheim Van Die Nuwe Hoof (Afrikaans, Paperback): Anzil Kulsen Bitterbosbende - Die Geheim Van Die Nuwe Hoof (Afrikaans, Paperback)
Anzil Kulsen; Illustrated by Stephen Wallace
bundle available
R165 R142 Discovery Miles 1 420 Save R23 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Kurt, sy suster Nieke en hul maats is in Gr 5 in Laerskool Bitterbos, en bly in die koshuis. Die nuwe skoolhoof waai soos 'n yskoue onweerswind by die eerste saalbyeenkoms in. Daar's 'n NW-taak wat moet klaarkom, as groepwerk! Toe Kurt-hulle se idee vir 'n sonkrag-oondjie TE goed werk en hulle 'n mini-ontploffing in die vierkant veroorsaak, word hulle na die hoof se kantoor ontbied - met verrassende gevolge . . .   

Koningsdogters: Ragab (Paperback): Anzil Kulsen Koningsdogters: Ragab (Paperback)
Anzil Kulsen; Illustrated by Alistair Ackermann
R170 R146 Discovery Miles 1 460 Save R24 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Van kleins af weet Ragab sy is anders. Terwyl die stad om haar vol geweld en sonde is, hoor sy die God van Israel se stem en sy weet sy is geroep om deel van Sy volk te wees. Maar niemand wil haar glo nie, en haar ouers raak net kwaad as sy met hulle daaroor praat. Selfs toe sy grootword en as ’n gesellin in die stad moet werk terwyl oorlog broei, hou sy vas aan die belofte dat die God van Israel haar gaan red. Toe twee Israelitiese spioene eendag in Jerigo opdaag weet sy dis die antwoord op haar gebed, maar daar wag nog ’n groter toets van haar geloof. Hierdie pragtig geïllustreerde hervertelling van die storie van Ragab is vol hoop en inspirasie vir meisies. Dit is die eerste boek in ’n nuwe reeks oor vroue van die Bybel.

Clint Fryer En Die Helde Van Huis Hindernis - Die Soektog (Afrikaans, Paperback): Anzil Kulsen Clint Fryer En Die Helde Van Huis Hindernis - Die Soektog (Afrikaans, Paperback)
Anzil Kulsen; Illustrated by Andre Trantraal
bundle available
R90 R78 Discovery Miles 780 Save R12 (13%) Ships in 7 - 11 working days

In Die soektog besef die kinders alles is nie pluis nie. Eers kry hulle nie meer iets soets om te eet nie en dan hoor hulle daar’s nie genoeg geld vir hulle om aan sportaktiwiteite deel te neem nie. Dis veral onregverdig omdat Verna op pad was om aan die Nasionale Danskampioenskap deel te neem.

Die mislike Dedrei, die dogter van die welsyntannie, mag dan nog steeds deelneem.

Clint en sy maats besluit om ’n soektog te loods en uit te vind wat aangaan ...

Clint Fryer En Die Helde Van Huis Hindernis 2 - Partytjiepret (Afrikaans, Paperback): Anzil Kulsen Clint Fryer En Die Helde Van Huis Hindernis 2 - Partytjiepret (Afrikaans, Paperback)
Anzil Kulsen; Illustrated by Andre Trantraal
bundle available
R90 R78 Discovery Miles 780 Save R12 (13%) Ships in 7 - 11 working days

In Partytjiepret moet Dedrei boet vir haar sabotasieplan wat amper daartoe gely het dat Dedrei nie aan die danskompetisie kan deelneem nie. Sy moet help om die vloere van die kinderhuis te was.

Vinnig genoeg sien Clint en die res van die kinders dat Dedrei nie so sleg is nie. Die kinders besluit om Dedrei te gaan verras by haar verjaarsdagpartytjie ....

Zita (Afrikaans, Paperback): Anzil Kulsen Zita (Afrikaans, Paperback)
Anzil Kulsen
R220 R189 Discovery Miles 1 890 Save R31 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Alles by haar nuwe skool is vir Zita vreemd. Die kinders, die kos die sport, selfs die skoolwerk. Sy verlang terug na Kieriekroek waar sy grootgeword het - 'n plek wat net soveel kleurvolle karakters het as wat hy swaarkry het. Dis net die gedagte aan Waldo by die nuwe skool wat Zita elke keer dromerig laat glimlag. Maar daar is 'n ding wat tussen haar en Waldo staan. Dieselfde ding wat tussen haar en haar ma en tussen haar en die nuwe skool staan. Dis die ding met haar pa.

Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Dala Craft Pom Poms - Assorted Colours…
R34 Discovery Miles 340
Magneto Head Light
R84 Discovery Miles 840
Bestway Beach Ball (51cm)
 (2)
R26 Discovery Miles 260
Cape, Curry & Koesisters
Fatima Sydow, Gadija Sydow Noordien Paperback  (3)
R415 R357 Discovery Miles 3 570
Fine Living E-Table (Black | White)
 (7)
R319 R199 Discovery Miles 1 990
Higher
Michael Buble CD  (1)
R172 Discovery Miles 1 720
Mosquito Killer (Black)
R499 R225 Discovery Miles 2 250
Aquaman 2: The Lost Kingdom
Jason Momoa, Patrick Wilson, … Blu-ray disc R629 R417 Discovery Miles 4 170
But Here We Are
Foo Fighters CD R279 Discovery Miles 2 790
Multi Colour Jungle Stripe Neckerchief
R119 Discovery Miles 1 190

 

Partners